Spektrum Kinderteater > Poppie en Bongo

POPPIE EN BONGO

Poppie en Bongo is die hoofkarakters van ‘n kraakvars, prettige, eg Afrikaanse produksie vir kinders en almal jonk van gees.
Dit fokus op die vriendskap tussen Poppie en Bongo en hulle maltrap avonture. 
In hierdie musiek- en dans-produksie maak die gehoor kennis met boesemvriende Poppie en Bongo. Poppie is ‘n koei en Bongo ‘n hond.  Hulle is op pad om hul pikkewyn-maatjies, wat vasgevang is op ‘n olie-besmette eiland, te hulp te snel. Onderweg gooi hulle gou ‘n Kaapse draai en vermaak almal met hulle pittige humor en lekker saamsing-liedjies.
Poppie en Bongo is ‘n Bongopop Media skepping en word na die verhoog gebring deur Spektrum Kinderteater. Hierdie unieke produksie is ‘n lewensgrote interaktiewe poppespel wat Suid-Afrika tans betower.
Hulle eerste CD is ook beskikbaar en beloof om ‘n treffer by elke Afrikaanse gesin te wees!

www.bongopop.com

KONTAK ONS