Spektrum Kinderteater > Die Storie sonder einde

DIE STORIE SONDER EINDE

Die Storie sonder einde is ‘n poppekas verwerking deur Esther von Waltsleben, van Spektrum Kinderteater, van die film The Neverending story.

Sebastiaan is in die knyp, die drie boelies het hom in Mnr Tait se klas toegesluit, niemand weet waar hy is nie en die skool is al lankal uit. Wat gaan hy heelnag alleen in die Wiskunde-klas doen! Sebastiaan ontdek in sy sak die boek wat die ou oom van die boekwinkel vir hom geleen het en dis hier waar Sebastiaan se grootste avontuur begin. Die boek gaan oor ‘n wêreld, Fantasia, wat besig is om te vergaan en ‘n prinses wat besig is om dood te gaan en oor ‘n jong seun, Attreo, wat haar moet red. En sonder dat hy dit weet, gaan die boek eintlik oor Sebastiaan.

KONTAK ONS