Spektrum Kinderteater > Rooikappie en die Wolf

ROOIKAPPIE EN DIE WOLF

Dié klassieke sprokie, oorspronklik deur die broers Grimm, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig en selfs een of twee verassende verskynings op die verhoog maak as die teësinnige faktotum en algemene-alles-regmaker, Faktotum Fourie.

Soos in die die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal sy in die bos. Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel jenewer, want hy hou so daarvan. Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikapie teëkom haar en haar Ouma kan red van Dolf die Wolf se onderduimse planne.

KONTAK ONS