Spektrum Kinderteater > Hansie en Grietjie

HANSIE EN GRIETJIE

Soos met die meeste sprokies is daar in hierdie een ook ‘n nare, nare stiefma wat haar stiefkinders se lewens vreeslik moeilik maak… so erg dat sy hulle sommer in die bos los sodat hulle NOOIT weer huis toe sal kan kom nie.  Gelukkig vir die kinders ontdek hulle ‘n huisie in die middel van die bos wat van smarties, tinkies en versiersuiker gemaak is!  Natuurlik is alles nie heeltemal pluis nie en die slim kinders moet ‘n plan maak om so vinnig as moontlik by die kilojoule belaaide huisie weg te kom.  Die gehoor sal bly wees om te sien dat Faktotum Visagie weer daar is om nie net die kinders te help red uit hulle penarie nie, maar ook sommer om allerhande nodige werkies in hierdie tower wêreld te doen.

KONTAK ONS