Spektrum Kinderteater bied ‘n splinternuwe poppekas, Bazoo en die vermiste Spookpaddas, aan.
Dempies Dassie is nuwe hoofspeurder van Fynbosbuurt en sy eerste probleem is wat het geword van die spookpaddas? Hy roep die hulp in van Bazoo, die vriendelike skilpad en slimste inwoner van Fynbosbuurt. Tydens Speurder Dempies se ondersoek ontmoet die gehoor nog kleurvolle karakters van Fynbosbuurt, totdat die raaisel van die vermiste Spookpaddas opgelos word by Bazoo se verjaardagparty.