SPEKTRUM Kinderteater

S

pektrum Kinderteater bestaan al sedert 1991 en is bekend daarvoor dat hul vermaaklike produksies van net die hoogste kwaliteit lewer met ‘n opvoedkundige inslag. Medewerkers deur die jare sluit in Juanita Swanepoel, Francois Toerien, Chris Vorster, Waldemar Schultz en Nicole Holm om ’n paar te noem. Produksies in die verlede sluit treffers in soos Jakkals & Wolf, Antjie Somers, Krismiskinders, Brolloks & Bittergal, Jan en Boontjierank, Rip se Winkel, Sonde met die Spoke en vele ander.

Sedert 2007 word Spektrum Kinderteater bedryf deur vennote Gaerin Hauptfleisch, Stephanie Hough, Jan-Hendrik Opperman en Esther von Waltsleben en word werk landwyd opgevoer en selfs oorsee.

Spektrum Kinderteater is deesdae bekend vir hul hernuwing van sprokies soos Rooikappie en die Wolf, verskeie poppekasse soos die Kinderstydskrif Bazoo se Bazoo en die Vermiste Spookpaddas, vernuwende poppeteater soos Poppie en Bongo en ook die verhoog weergawe van Koowee se Tjiff en Tjaff.

Produksies deur Spektrum is reeds met sukses opgevoer by onder andere Aardklop, KKNK, die Gariepfees in Kimberley, die Breedekloof fees, meeste teaters in die Wes-Kaap, Innibos in Nelspruit, die Kierieklapperfees in Mokopane, in Dubai as deel van die Dubai inkopiefees en ook by skole in die Wes-Kaap en die Vrystaat.

Spektrum Produksies is ook die tuisgeselskap op Delvera waar hul elke tweede Sondag om 12h00 optree.