Spektrum Kinderteater > Jan en die Boontjierank

JAN EN DIE BOONTJIERANK

Nes in die die sprokie verkoop Jan hul koei vir vyf wonderbone, tot ontsteltenis van sy ma wat gehoop het op ’n geldjie om hul deur die swaar wintermaande te dra. Ma gooi die bone weg wat onmiddelik groei tot ’n wonderboontjierank, wat die nuuskierige Jan natuurlik nie kan weerstaan nie. Jan ontdek ’n ander wêreld op die ander punt van die boontjierank. ’n Wêreld met reuse, feëtjies, goud eierlêende eende en harpe wat self speel.

Gaan hy sy en sy ma se omstandighede kan verander, en hoe pas die geheimsinnige feë in die prentjie? Faktotum Fourie, maak ook sy verskyning en is oudergewoonte verantwoordelik vir alles van die klankeffekte tot die stelverskuiwing.

KONTAK ONS